Narkose inligtingstuk

Aangesien u waarskynlik u Narkotiseur eers op die dag van u operasie ontmoet, hiermee ’n inligtingstuk wat die rol van
die narkotiseur om u veilig deur die operasie te begelei, te verduidelik.’n Spesialis narkotiseur is ’n gekwalifiseerde
mediese dokter met n addisionele graad (minimum van 4 jaar) in narkose. U narkotiseur is dus vaardig om u narkose vir
enige prosedure te behartig wat kan insluit hart-, brein en pediatriese chirurgie.

Mediese geskiedenis

Vul asb die vraelys rondom u mediese geskiedenis volledig in. Hiermee identifiseer ons potensiële probleme rondom die narkose en operasie.

Voedsel inname voor u narkose of sedasie

  • Bring asb die medikasie wat u tans gebruik saam hospitaal toe. Sou u ‘n CPAP masker gebruik,bring dit asb saam.
  • Ons benodig ’n lys van alle medikasie wat u tans of in die afgelope 3 maande gebruik het. (Dit sluit homeopatiese of
    natuurlike produkte in).
  • Noem asb enige allergieë
    Medikasie.
  • Gaan voort met u roetine medikasie. ( Indien u Warfarin, Aspirin, Plavix of enige ander bloedverdunners OF medikasie
    vir diabetes gebruik, bevestig met u chirurg of u hierdie middels voor die prosedure moet stop ).

 

Voedsel inname voor u narkose of sedasie

U MOET VASTEND WEES VIR ALLE ALGEMENE NARKOSE EN SEDASIES 

Geen vaste kos of melkprodukte mag in die 6 ure voor u opname genuttig word nie. U mag helder vloeistowwe ( water,
swart tee of appel sap ) tot en met 2 ure voor u opname van die dag van u operasie gebruik.

Algemene reëling:

  • Operasie in die oggend: geen kos of melkprodukte na middernag. Helder vloeistowwe tot en met 5 voormiddag (vm).
  • Operasie in die namiddag: neem ligte ontbyt voor 7vm. Helder vloeistowwe tot 10vm.

Tyd van chirurgie

’n Teaterlys word geskeduleer om teen ’n spesifieke tyd te begin. Een pasiënt op n slag word gehelp. Dus mag u operasie heelwat later plaasvind. Die tyd wanneer u teater toe gaan, is ’n rowwe skatting. Sou u later opgeneem word as wat die teaterlys begin, mag u u narkotiseur eers in die wagarea van die teater ontmoet. Sou u iets spesifieks met u narkotiseur wil bespreek, reël asb vooraf of kom vroegtydig vir opname.

Na afloop van algemene narkose of sedasie

U mag nie vir 24h na u narkose bestuur (reël geleentheid), gevaarlike toerusting hanteer of belangrike besluite neem nie. MOET ASB GEEN ALKOHOL na u narkose gebruik totdat alle postoperatiewe medisyne ( bv. pynpille, antibiotike ens) gestaak is nie. Sou daar onduidelikheid wees, bespreek dit asb met u chirurg of narkotiseur.

Komplikasies gedurende narkose

Narkose hou sekere potensiele risiko’s in. Ongewensde gebeurlikhede wat wissel van onbetekenisvol tot ernstig bv breinskade en dood, kan met enige narkose voorkom. Dit mag gebeur agv ’n reaksie tov medikasie, onderliggende mediese toestande of komplikasie van die operasie. Sou ’n komplikasie vir meer as 48 uur na u operasie voortduur, lig asb u chirurg of narkotiseur in.

Vind hiermee ’n lys van moontlike komplikasies wat tydens of na narkose mag voorkom. U risiko is verhoog indien u rook, oorgewig is, of lei aan diabetes en hipertensie. 
 

Algemene Komplikasies 

(1-10% van gevalle) lngreep minimaal

  • Naarheid en braking
  • Seer keel
  • Bewe en kry koud
  • Hoofpyn
  • Duiseligheid
  • Jeuk
  • Pyn met inspuiting van medikasie
  • Swelling/blou verkleuring van area van drip
  • Deurmekaar of geheueverlies (meer algemeen in ouer persoon)

Skaars Komplikasies

(l<in 1000 gevalle)Mag behandeling benodig

  • Skade aan tande, krone, lippe, tong en mond
  • Heesheid
  • Stemband besering
  • Seer spiere
  • Asemnood
  • Visie stoornis
  • Vererging van onderliggende toestande bv suikersiekte, asma en hartsiekte

Uiterse skaars komplikasies

(1 in 10 000 to 1 in 200 000 gevalle) Meestal ernstig met lantermyn inkorting

  • Oog besering
  • Longontsteking
  • Senuwee besering met gevolglike verlamming
  • Bewustheid gedurende operasie
  • Bloeding
  • Beroerte
  • Allergiese reaksie
  • Onverwagse reaksie op medikasie
  • Oorgeerf (malige hiptermie, scoline apnee, porfirie)

Breinskade of dood

(< in 250 000)

  • Verergering van komplikasie
  • Hartaanval
  • Emboliee
  • Suurstof tekort

Wanneer u toestemming gee tot ‘n chirurgiese procedure onder narkose, word daar aangeneem dat u bekend is met die procedure asook die risiko’s betrokke. Sou u enige vrae of bekommernisse he, skakel gerus u narkotiseur.

Algenemen narkose

Verwagte resultaat

Bewustelose toestand, moontlike plasing van buis in u lugpyp.

Tegniek

Medikasie word binneaars toegedien of as gas wat u inasem.

Risiko

Besering van lippe, tande t ong, verhemelte, stembande heesheid, aspirasie   (inaseming   van   maaginhoud), longont stekin g, asma, faling in lugweghantering wat ‘n chirurgiese ingreep vereis, bewustheid.

 

Spinaal / Epiduraal (met/ sonder sedasie)

Verwagte resultaat

Tydelike verlies van gevoel / of beweging in die onderlyf en bene.

Tegniek

Medikasie word deur ‘n naald / kateter in die soinaalkanaal of net buite die kanaal toegedien.

Risiko

Hoofpyn, rugpyn, naarheid / braking, val in bloeddruk, jeuk, hemat oon, tydelike of parmenente senuwee skade , hoe spinal/ totale spinaal.

Senuweeblok

Verwagte resultaat

Tydelike verlies van gevoel en/ of bewegingg van ‘n spesifieke ledemaat of area .

Tegniek

Medikasie word naby die senuwee ingespuit vir sodeoende verlies van sensasie vir die operasie gebied.

Risiko

lnfeksie, epileptiese aanval, swakheid , persisterende dooie gevoel, pyn, hemat oom.

Sedasie

Verwagte resultaat

Monitering van vitale tekens, toediening van narkose sou verdure intervensie nodig wees, beperking van angs an pyn.

Reduced anxiety and pain, partial or total anxiety

Tegniek

Volle monitering, medikasie word binneaars t oegedien, via drip vir semi-bewustelose staat.

Risiko

Bewustheid , angs of ongemak.

Vriendelike Groete Jou Narkose-span